Netbalpoppies word van vroeg af gevorm en basiese vaardighede geleer.
Jaarlikse toere help laer- en hoërskool spanne met voorbereiding vir die seisoen.
Verskeie dogters word jaarliks in provinsiale spanne opgeneem.
3 jaar gelede is hokkie infaseer by Hoërskool Reitz. Alhoewel die span nie deel vorm van die amptelike liga nie, geniet die dogters die vriendskaplike wedstryde.
Op die tennisbaan is Hoërskool Reitz ‘n gerekende teenstander en stap jaarliks as wenners weg in verskeie ligas.
Kleursport is jaarliks ‘n groot lekkerte by die skool. Behalwe vir puik atletiek, is daar ook die tradisionele “Onnie dunk” vir die atlete wat rekords breek. Die dag word afgesluit met ‘n lekker jellie geveg of ‘n waatlemoenfees.
Ons atlete presteer ook uitstekend verder en tel jaarliks onder die Top 10 in SA in verskeie items.
Alhoewel karate, perdry en swem as buite sport aangebied word, gee die skool wel erkenning aan leerders wat presteer op hierdie gebied.
Riemland atletiek: 26 Eerste plekke
11 Tweede plekke
13 Derde plekke
Laerskool: 9 Leerders neem deel aan Vrystaat kampioenskappe.
Hoërskool: 12 Leerders neem deel aan Vrystaat kampioenskappe.
Aluschka Heymans wen die D o/17, 5000m stap by die Vrystaat kampioenskapp en kwalifiseer om aan die SA-kampioenskappe deel te neem.
Suné Hills wen verspring D o/12 by die Vrystaat kampioenskappe en kwalifiseer om aan die SA-kampioenskappe deel te neem.
Die o/15 A –netbalspan 2019 tree uit as Vrystaat Liga-wenners in die B-Afdeling.

Johanné Bonthuys en Adriaan Bonthuys neem deel aan oopwater swem by die Sterkfonteindaman.
Adriaan verwerf ‘n silwer medalje in die kategorie 13 jaar en jonger.
Albei leerlinge voltooi die Midmarmyl – 2020.

Gerhard Fourie – Junior 0/19 span
Verwerf n Silwer medalje by die SA kampioenskappe.
Ingesluit in die SAVOV uitnodigingspan.
Hanli Hammann – Interprovinsiale Tentpegging
Jodie Haward -Interprovinsiale Gymkhana
Haar span verower ‘n goue medalje.
Megan Byliefeldt tree uit as die 2019 NRL-SA Skietkampioen.
Leoni Fick en Drian Oosthuizen neem deel aan die Eagles Challenge kampioenskappe
Leoni verwerf n 7de plek in Kata en 5de plek in Kumitei (groen beld)
Drian ontvang n Brons medalje vir Kata en 5de plek in Kumitei (wit beld)
