Elke kind is kosbaar en daarom bied ons ook verskeie kultuur aktiwiteite.
Ons leerders neem jaarliks deel aan verskeie ATKV kompetisies. Redenaars en debat leerders vaar uitstekend en het al telke male aan die landswye rondtes deelgeneem.
Dans, Drama en musiek word as buiteskool aktiwiteit aangebied. Leerders ontvang erkenning vir hulle prestasies by die skool.
Die Piet Geyer Voortrekkers is ‘n aktiewe kommando en verskeie leerders verwerf penkop/ drawwertjie of presidentverkenner toekennings.