By hoërskool Reitz is Akademie top prioriteit. Daarvan getuig ons jaarlikse uitstekende matriek uitslae.
Reitz spog vir die 24ste AGTEREENVOLGENDE jaar met ‘n 100% matriekslaagsyfer.
- 75% Bachelors pass
- 20 A’s
- 32 B’s
- 55 C’s
Skole kook Via kanaal 147
Skole kook is ‘n nasionale kompetisie vir Verbruikerstudie en Gasvryheidstudie leerders.
Skole uitdunne is gehou gedurende 2018 en 2019 waaraan Reitz se leerders met groot sukses en trots deelgeneem het.
Ons het deelgeneem teen makro-skole van regoor Suid-Afrika. Alle rondtes word opgeneem en op televisie uitgesaai.
2018 – Deelnemers: Lumé Starke, Bianca Opperman, Deané Bosman en Jahnél Scheepers moet kook met Varkvleis en droëvrugte. Hoërskool Reitz se Jahnél Scheepers en Deané Bosman vorder tot by die Vrystaat finale waar ons ‘n gereg met Chouxpasta moes voorberei. Ons het baie geleer, en met trots deelgeneem, waar ‘n Paris Breast ring met roomkaas, biltong en vye voorgesit is.
2019 – Die formaat van die kompetisie word effens aangepas. Tydens die skool uitdunne neem Christelle Cilliers, Linné Liebenberg, Elspeth Scheepers en Liza-Lee Jordaan deel. Ons moet geregte met wildsvleis en beet voorberei. Hoërskool Reitz se span van Liza-Lee Jordaan en Elspeth Scheepers beklee vir die hele kompetisie die 2de plek op die punteleer naas Hoërskool Hugenote, Wellington. Ons stof skole van regoor SA uit met keurige en mooi geregte. Ons neem deel aan die landswye semi-finale te Institute of Culinary Arts in Stellenbosch waar ons deurgaan na die landswye finaal. Die finaal bestaan uit ‘n uitkenningstoets en ‘n kooksessie, waar ons met Forel, Steenkoolbeskuitjies en Sampfire(see aspersies) moes kook. Vir plattelandse sjefs van die Vrystaat was dit voorwaar ‘n taai toffie. Hier behaal Hoërskool Reitz se Elspeth Scheepers en Liza-Lee Jordaan ‘n derde plek in SA. Kreatiewe geregte uit die boonste rakke is voorgesit. Ons is voorwaar trots op ons twee sjefs van Hoërskool Reitz.
Sodra ons weer die kans kry sal Hoërskool Reitz definitief weer inskryf vir Skole Kook. As gevolg van Covid19 het Skole Kook nie plaasgevind in 2020 nie.
“South African Mathematics Olympiad”
Hoërskool Reitz word aangewys as een van die Top 10- SKOLE in die Vrystaat met die Wiskunde Olimpiade.
Zanell Dorfling behaal 2de plek in die Vrystaat tydens die Beeld Wiskunde Olimpiade.
Poort skryfkompetisie 2020
Die volgende skryfstukke word in Poort 2020 opgeneem
Poësie
Luné Pretorius -“ As ek n ruimte vaarder was”
Prosa
Luné Pretorius- “Die beste van Villiers”
Anica Wapenaar-“ Afrikaans op die tong proe na meer.”
Boek geskryf deur Christelle Cilliers “Age doesn’t matter”
Sy publiseer ‘n boek van 13 hoofstukke met die naam “Age Doesn’t Matter.” Die boek is genomineer vir n Watty’s award in die action romance genre.
Blitsbrein
Aluschka Heymans is onder die Top 60 finaliste in die Vrystaat en dring deur na die finaal.
Wow-Spelathon
Sewe leerlinge neem aan die Vrystaat kompetisie deel.
Johanné Neethling dring deur na die Nasionale Kompetisie in Stellenbosch.
Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes-(2019)
4 Leerlinge neem deel aan die Nasionale ISF kompetisie.
Guillaume Taljaardt ontvang die uitstallers toekenning vir “Beste projek” en ‘n goue medalje. Carla Fivaz ontvang ‘n silwer medalje en Dané Dorfling ontvang ‘n brons medalje.
Luan Strauss ontvang die volgende toekennings: