Wat is Landbouwetenskap?
Lanbouwetenskappe is ‘n studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en prosessering van voedsel, vesel, brandstof en ander landboukommoditeite wat ‘n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.
Die lys hieronder dui die hoofonderwerpe in die Lanbouwetenskappe-kurrikulum aan.
- Grondkunde
- Plantestudies
- Dierestudies
- Landbou-ekonomie
- Basiese Landbouchemie
- Basiese Genetika en Biologiese Konsepte
- Landbou-ekologie
In Lanbouwetenskappe sal leerders:
- ‘n Bewustheid van die bestuur en versorging van die omgewing, natuurlike hulpbronne en die menslike behandeling van diere ontwikkel deur die toepassing van wetenskap en verwante tegnologie
- meganismes vir probleemoplossing binne die konteks van landbouproduksie-, Landbou-ekonomielandbouverwerkings- en landboubemarkingpraktyke ontwikkel
- bewus word van die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die samelewing as geheel deur persoonlike ontwikkeling in kommersiële- en bestaansboerderyondernemings
- ingeligte en verantwoordelike burgers in die vervaardiging van landbouprodukte word, wat vir die omgewing omgee en kwessies van sosiale geregtigheid aanspreek
- bewus word van inheemse landboukennis en -praktyke deur Landbouwetenskappe binne historiese en sosiale kontekste te verstaan.
Vakkombinasies wanneer Landbouwetenskappe as ‘n vak aangebied word
Dit word sterk aanbeveel dat Landbouwetenskappe met Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en/of Lewenswetenskappe gekombineer word.
Skakels met ander vakke
Landbouwetenskappe is ‘n geïntegreerde wetenskap. Dit kombineer kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Aardwetenskappe, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie. Hierdie vak moet gesien word binne die holistiese wetenskap raamwerk eerder as ‘n geïsoleerde wetenskap.