Vredehof koshuis:

Wat is ‘n skool sonder ‘n koshuis?

Baie vervelig! ‘n Lewe sonder opwinding.

Daarom is Hoërskool Reitz baie trots op hulle koshuis.

Vredehof koshuis poog om ‘n veilige omgewing met sinvolle roetine en dissipline te skep. ‘n Huislike omgewing heers waar leerders deel kan wees van ‘n eenheid. ‘n Hegte band vorm tussen koshuiskinders en groot vriendskappe word gesnoer.

Alles moontlik word deur koshuispersoneel gedoen om die koshuis vir leerders so lekker en aangenaam as moontlik te maak.

Netjiese, ruim kamers, skoon badkamers en baie lekker kos is sinoniem van Vredehof koshuis.

Studietye word met erns benader en jonger maats word met liefde gelei deur ons eie Tannie Koekie.

Die koshuis bied ook dienste vir dagskoliere.

Vredehof koshuis in Reitz – jou tuiste weg van die huis.